News

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf mag sy huidige tariefvrye toegang tot die VSA verloor indien die voordele wat die land onder die African Growth and Opportunity Act (AGOA) geniet het, opgeskort word.

President Barack Obama het VSA se voorneme uitgespreek om alle handelsvoordele aan die land landbousektor op te skort nadat die Suid-Afrikaanse regering ’n eerste spertyd gemis het om kwessies rondom die gehalte van die land se vleisuitvoere na die VSA aan te spreek. 

Die Suid-Afrikaanse regering werk nou daarna toe om die 4 Januarie 2016 spertyd ten opsigte van die behaling van die gestelde standaarde na te kom. Lees die mees onlangse kennisgewing deur die Departement van Handel en Nywerheid (DTI).  Laai pdf af hier

Enige opskorting sal op sitrus, wyn, makadamia-neute en ander landbouprodukte van toepassing wees. 

1. Hoe lyk die uitvoertendens na die VSA?

SAWIS:

Totale volume uitvoere van wyn na die VSA* (miljoen liter) 2014    2009    Tendens 2009 vs 2014 2004 Tendens 2004 vs 2014
Verpak 9.1 8.7 105 7.9 115
Grootmaat 1.6 5.2 31 0
Totaal 10.7 13.9 77 7.9 135

* Natuurlik, gefortifiseerd & vonkel.

2. Hoe belangrik is die VSA uitvoermark vir SA?

SAWIS:

Die 10.7 miljoen (verpak en grootmaat) wat in 2014 na die VSA uitgevoer is, het 2.5% van totale uitvoere (verpak en grootmaat) van natuurlike wyn (422.7 miljoen) verteenwoordig. Dit is Suid-Afrika se 9de grootste uitvoerbestemming.

Siobhan Thompson, HUB van Wines of South Africa (Wosa):

Die VSA is – uiters strategiese mark vir Suid-Afrikaanse wynuitvoere. Die VSA verteenwoordig een van die sterkste groeiende en mees belowende wynmarkte in die wêreld. Beide totale markvolume en ingevoerde markvolume na dié mark styg stelselmatig, soos wat wyn – meer hoofstroom produk word.

Die VSA is ook die voorloper in terme van wyninvoere. Die VSA is die derde grootste invoermark in terme van volume, met – invoervolume van bykans 80 miljoen 9-liter kiste van natuurlike/stil ligte wyn. Dit is ook die mark met die hoogste invoerwaarde van wyn ter wêreld (US$4.3 miljard in 2013).

Die SA wynkategorie is steeds relatief klein vergeleke met ander groot uitvoerlande na die VSA (bv Italië, Frankryk en die VK). Daar is egter wesenlike potensiaal vir SA wynuitvoere na die VSA gegewe die feit dat SA – redelike positiewe beeld as land van oorsprong het, asook die goeie gehalte van SA wyne teen relatief mededingende pryse. Die VSA wynverbruiker is ook toeganklik vir Nuwe Wêreld-wynstyle.

SA vaar tans goed in die kleinhandel-kategorie bo $15 en terwyl ons volumes steeds relatief klein is, is die groei in die waarde van ons wyne egter aansienlik bo die groei in volume. Die VSA is daarom – mark met hoë potensiaal in terme van waarde en SA is in – goeie posisie om groei in hoër pryspunt-wyne te laat realiseer, wat uiteraard produsente se winsmarges kan verhoog. Suid-Afrika se verpakte wynuitvoere na die VSA het oor die afgelope nege maande met 27% gegroei in terme van waarde en 9% in terme van volume.

Een van die uitvloeisels van die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewynindustrie se WISE-proses (Wine Industry Strategic Exercise), waardeur – nuwe strategiese raamwerk vir die bedryf geformuleer word, is – projek wat spesifiek op die groei van geïdentifiseerde uitvoermarkte fokus. Dit sluit onder andere omvattende verbruikersanalises in sleutelmarkte soos die VSA, Afrika en China in, asook gefokusde strategieë. Nog – projek van WISE het ’n gefokusde, geïntegreerde toerismestrategie as uitkoms, wat baie nou hierby aansluit.

Christo Conradie, VinPro-bestuurder: Wynkelders:

Die strewe is deurlopend om ’n opwaartse tendens in beide volume en waarde te behaal en gegewe die jaarlikse opwaartse tendens het ons alle rede om te glo dat verdere goeie groei verwag kan word. Dit veral op die rug van ’n suksesvolle Cape Wine 2015, waar prominente aankopers, bloggers en sommeliers eerstehandse blootstelling hier kon ervaar het. Belangrik ook dan die wisselwerking met toerisme en om SA se Wynlande ’n gewilde bestemming te maak, met hopelik nuwe ambassadeurs vir SA wyne wat sal teruggaan en die woord/ervaring sal gaan versprei – die New York Times het juis in 2014 aangekondig dat Kaapstad die wêreld se gewildste internasionale toerisme bestemming is.

In die lig daarvan dat die bedryf SA as – produseerder van topgehalte wyne teen mededingende pryse wil vestig, is dit ook verblydend dat daar vanjaar onder internasionale wynskrywers – vlaag van positiwiteit oor die land se wyne was. Dit sluit in:

  • “South Africa’s time to shine on the wine stage has come. It’s our time to enjoy exploring these delicious and fascinating wines.”– Dave McIntyre.
  • “South Africa makes great, distinctive and under-priced white wines, yet far too few people seem aware of the fact.” – Jancis Robinson.
  • “Wow, a lot has happened in South Africa during the past decade!” – Andrew Jefford.• “It’s time the best Cape wineries were recognised for what they are: world class.” – Tim Atkin.
  • “It’s time the best Cape wineries were recognised for what they are: world class.” – Tim Atkin.
  • “The most dynamic and exciting New World country.”– Neal Martin.

3. Hoe belangrik is die AGOA-voordeel van tariefvrye invoer? As julle wel invoertariewe sal moet betaal, hoe hoog is dit, en gaan dit jul mededingendheid en dus dalk ook jul uitvoervolume raak?

Siobhan Thompson, HUB van Wines of South Africa:

Suid-Afrika, naas Kanada, is die enigste toonaangewende wynproduserende land wat tans tarief-vrye toegang tot die VSA het.  Indien SA hierdie vrye toegang verloor, sal dit vir die land – wesenlike nadeel inhou teenoor lande soos Chili, Australië en Kanada wat tans of tarief-vrye (geen tariewe) of voorkeur-toegang (laer tariewe) geniet. 

Die VSA en EU is tans ook besig om te onderhandel rondom – Trans-Atlantiese vryehandelsooreenkoms, wat moontlik tarief-vrye toegang vir EU-wynuitvoere na die VSA mag beteken. Gegewe hierdie konteks en indien SA sy tarief-vrye toegang in terme van AGOA verloor, sal ons die enigste toonaangewende wynuitvoerland wees (naas Argentinië) wat nie voorkeur-marktoegang tot die VSA het nie.

Christo Conradie, VinPro-bestuurder: Wynkelders:

Met SA se beperkte vryehandel-ooreenkomste, teenoor ons internasionale kompetisie, is die AGOA ooreenkoms, naas die EU-ooreenkoms uiters belangrik vir die wynbedryf. Die randwaarde mag dalk as marginaal beskou word, maar dit is dalk net hierdie voordeel wat die SA mark toelaat om wel die neus voor te kry…..veral in ‘n land soos die VSA, waar die bekende “3-tier system – importer, distributor, retailer” in spel kom en enige verhoging aan die begin van die ketting kan egter tot ‘n aansienlike impak (rimpel-effek) op die rakprys aanleiding gee, met uiteraard ‘n groot negatiewe gevolg op finansiële volhoubaarheid.

Sou hierdie voordeel in gedrang kom, laat dit die deur oop vir Chili, Australië en selfs invoere uit die EU om ons markplek te kom inneem. Anders gestel, sal dit invreet op die SA mark se marge, winsgewendheid onder groot druk plaas en natuurlik enige potensiële groei beperk, terwyl ons selfs uit die markplek gedruk mag word. Dit sal beslis ’n negatiewe impak op die bedryf se totale winsgewendheid, werkskepping en verdienste van buitelandse valuta uitoefen.

4. Dink julle dit is regverdig dat die wynbedryf sy voordeel verloor terwyl die probleme eintlik oor hoender-, vark- en beesvleis gaan?

Christo Conradie, VinPro-bestuurder: Wynkelders:

Vir die huidige het almal begrip en verstaan ook die ander bedrywe se ‘vasskop’. Dit gaan oor ekonomiese volhoubaarheid, beskerming van die bedrywe se onderskeie/unieke belange en beslis nie daaroor dat een bedryf meer belangrik as die ander is nie. In hierdie opsig sal die Regering deurdag moet handel en kyk na maatreëls om ’n moontlike verslapping in enige vereistes te absorbeer, en langtermyn negatiewe gevolge te probeer beperk.

Die wynbedryf bly deel van die groter Suid-Afrikaanse Landbou. Dit is nou belangrik dat al die onderskeie belangegroepe en landbousektore saamstaan en daarop fokus om die regering te ondersteun in deurlopende samesprekings om hierdie kwessie spoedig op te los tot voordeel van alle bedrywe.

Go Back