Rockfield-wyndruifplaas in Worcester is as wenner van vanjaar se VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie in die Worcester/Breedekloof-streek aangewys. Die eienaar, Jean du Preez het hierdie gesogte prys tydens – boeredag ontvang, wat op 22 Januarie 2016 by die plaas gehou is.
Die tema van vanjaar se kompetisie was Sauvignon Blanc. Tierkloof Werknemerstrust was – kortkop agter die wenner, terwyl Breëland Landgoed en Deetlefs Landgoed gesamentlik die derde plek ontvang het.
Sowat 75 produsente en borgverteenwoordigers het die boeredag bygewoon, wat met – seisoensoorsig deur Petrie de Kock van BASF afgeskop is. Andries Stofberg en Dirk van Eeden, beide van Terason, het – aanbieding oor voeding en onlangse witroesbeheer-proewe gedoen, gevolg deur Matthieu Hamel van Pellenc – praktiese demonstrasie van batterygedrewe Pellenc-snoeiskêre.
“Die wingerdpraktyke wat Rockfield hier toegepas het, is – sprekende voorbeeld van hoe Sauvignon Blanc optimaal in die Worcester-streek verbou kan word,” het Pierre Snyman, VinPro se wingerdboukonsultant in die streek, tydens die wingerdevaluering gesê.
Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel.
NAVRAE: Lee-Anne Davidson, tel 021 276 0460, e-pos leeanne@vinpro.co.za.
,347