Riaan Fielies van Windfall-wynplaas buite Robertson is Suid-Afrika se top kelderwerker.
Hy is as die wenner van die Suid-Afrikaanse Kelderwerkerprogram aangekondig tydens – inligtingsdag vir kelderwerkers op 30 Oktober 2015. Die dag is deur Nedbank Besigheidsbanksake geborg en het deel gevorm van die Agri Cape Week-landbouskou in Worcester.
“Ek is baie opgewonde en trots om as wenner aangewys te word, veral omdat hierdie die eerste wynkursus is wat ek voltooi het,” vertel Fielies, wat al vir die afgelope agt jaar werksaam is by Windfall. Hy het ‘n kontantprys van R10 000 en die Nedbank Wisseltrofee ontvang.
Die twee naaswenners is Heinrich Le Fleur van DGB in Wellington en Gert Booysen van Neethlingshof in Stellenbosch. Hulle het elkeen ‘n kontantprys van R5 000 ontvang.
– Rekordgetal van 300 Afrikaans- en Xhosa-sprekende kelderwerkers van regoor die Wes-Kaap het vanjaar die Suid-Afrikaanse Kelderwerkerprogram se reeks studiegroepe van April tot September bygewoon, wat deur die wynbedryforganisasies VinPro en Winetech befonds word.
“Die program het ten doel om kelderwerkers te bemagtig, uitnemendheid te vier en – gesindheid van mentorskap in die Suid-Afrikaanse wynbedryf te kweek. Ons is dankbaar vir elke kelder wat hul personeel vir die studiegroepe ingeskryf het,” vertel Santi Basson, projekkoördineerder.
Vanjaar se studiegroepe het op wyne van Suid-Afrika en die Amerikas gefokus, asook die produksie van vonkelwyn en brandewyn en wettige wynbereidingsmiddele en -prosesse. Die praktiese proeë het die onderskeiding van individuele geurkomponente en foutwyne behels.
Volgens Christo Conradie, bestuurder van VinPro se Wynkelder-divisie, is die Kelderwerkerprogram prakties en maak dit – wesenlike verskil in die wynbedryf. “Deur hande te neem en saam te werk met rolspelers soos Nedbank en Winetech, word daar gestalte gegee aan die wynbedryf se opleidingsdroom. VinPro is trots om met die inisiatief geassosieer te word,” vertel Conradie.
“Die wynbedryf is – belangrike bydraer tot die Wes-Kaapse ekonomie, en sy kelderwerkers is – integrale deel daarvan. Dit is dus vir Nedbank strategies belangrik om die Kelderwerker-inligtingsdag te borg, waartydens hierdie uitsonderlike groep erkenning ontvang,” sê Helmien Havenga, Nedbank Besigheidsbanksake se areabestuurder in die Breederivier Overberg Area.
MEDIANAVRAE: Jana Loots, 021 276 0429, jana@vinpro.co.za.
,301