News

‘n Rekord 2 163 jongwyne, 10% meer as verlede jaar, is in Julie tydens die 2015 SA Jongwynskou-beoordeling in die Paarl geproe.

Die kategorieë vir Shiraz en Chenin Blanc het vanjaar die grootste aantal inskrywings gelok (178 elk), gevolg deur Cabernet Sauvignon (153) en Sauvignon Blanc (147).

Deelnemers ding mee om SA Kampioentrofeë in 17 klasse. Slegs een wyn ontvang die hoogste eer as die algehele SA Kampioen Jongwyn deur die Generaal Smuts-trofee te ontvang. Die gesogte Pietman Hugo-trofee vir die kelder met die hoogste telling vir inskrywings in vyf kategorieë is ook op die spel.  

Die wenners sal onthul word by ’n gala-aand einde Augustus, en in die November-uitgawe van WynLand gepubliseer word.

,259

Go Back