News

Die reën en koue in die Wes-Kaap (en selfs sneeu op die Matroosberge!) aan die einde van Oktober 2019 is ‘n tweesnydende swaard vir wyndruifprodusente. Vinpro-konsultasiediensbestuurder Conrad Schutte verduidelik in die klankgreep hier onder:

1) Dis belangrik dat grondprofiele gedurende blom nat is, en die goeie reën het daartoe bygedra.
2) Die reën, met gepaardgaande wind en koue kan egter daartoe lei dat die stuifmeelkorrels wat eierselletjies moet bevrug gedurende blom kan bars en korrels dus nie effektief kan vorm nie.

Verder sal produsente hul vingers goed op die pols moet hou soos wat die weer opwarm en die nodige toedienings doen om siektedruk te beheer.

Kontak die wingerdkundige in jou streek by https://vinpro.co.za/viticulture of skakel 021 276 0429.

 

Go Back