News

’n Wyndruifprodusent van Robertson is onskuldig bevind op ’n klag van aanranding wat verlede jaar teen hom aanhangig gemaak is deur – plaaswerker.

Volgens die klagstaat het Mechau Viljoen van die plaas Eilandia die klaer, Gerald Slingers, Desember verlede jaar geklap en gewurg, omdat Slingers glo gereël het dat Karel Swart, algemene sekretaris van die plaaswerkersvakbond CSAAUW (Commercial Stevedoring Agricultural and Allied Workers Union), ’n vergadering met plaaswerkers op die plaas hou. 

In sy uitspraak het landdros Marius Nel gesê hy kon nie op Slingers se getuienis peil trek nie. Hy het gesê hy het uit Slingers se getuienis die afleiding gemaak dat Slingers se weergawe van die gebeure selfs moontlik vir politieke gewin opgemaak kon gewees het. Slingers het nie in sy getuienis genoem dat hy deur Viljoen geklap is nie, en sy getuienis onder kruisverhoor aangepas deur aan te voer Viljoen het hom misgeklap

,265

Go Back