News

Phil Bowes het 1 September by VinPro aangesluit as bestuurder: transformasie en ontwikkeling. Hy was voorheen transformasiebestuurder by die tafeldruiforganisasie SATI.

Hy het onder andere ’n Diploma in Landboubestuur aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein behaal, en – MBA aan die Nelson Mandela Metropoolse Universiteit in Port Elizabeth voltooi. Phil was ook voorheen vanuit Suid-Afrika aan die VSA voedselmaatskappy en koöperasie, Land O’Lakes, verbonde in die aanwending van inisiatiewe befonds deur die VSA regering.

VinPro is die verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders.

MEDIANAVRAE: Jana Loots, 021 276 0429, jana@vinpro.co.za. 

,275

Go Back