’n Unieke blok Colombard wat op ’n pergola, oftewel dakprieel opgelei is, is as die wenner van die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie in die Klein Karoo aangewys.
Die streekskompetisie het vanjaar op alternatiewe plantwydtes, prieel- en snoeistelsels gefokus. “Weens ekonomiese realiteite ondersoek al hoe meer wynprodusente meer effektiewe stelsels om kostes te bespaar en beter gehalte en opbrengste te behaal,” vertel Johannes Mellet, VinPro se wingerdboukundige in die Klein Karoo-streek.
Die wenblok van Joos Nel op die plaas Rose Villa buite Calitzdorp is Colombard, kloon CO2 op Richter 99, en op – dakprieel opgelei. Die naaswenners was Nico Fourie van Herold Wines in Herold, met – Pinot Noir-blok op – dubbel-guyot snoeistelsel, en Dereck Calitz van Onrust buite Calitzdorp met – blok Colombard op – meganiese snoeistelsel.
Volgens Johannes is die dakprieelstelsel – minder algemene stelsel vir wyndruiwe in die Wes-Kaap. Die dakprieel het egter verskeie voordele wat nie met die eerste oogopslag raakgesien word nie.
Die prieelstelsel verbeter die kordonlengte per hektaar en dus ook opbrengs. Arbeid is meer produktief onder die koeler prieel, en toesig en oes is makliker. Organiese materiaal verhoog en wortelverspreiding is beter in die koel grond onder die prieel.
Die prieelstelsel bied verder ook besparings in terme van vestigingskoste (1.5 m kordonwydte met 3 m rywydte), meganisasie en brandstof. Minder aksies word benodig in die wingerd, en daar is – afname in die aantal man-ure per aksie. Loofbestuur en onkruidbeheer is ook goedkoper in hierdie wingerd.
Die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, te vier, en met die bedryf te deel. – Boeredag word op 10 Maart 2016 van 08:00 tot 12:30 in Calitzdorp aangebied, waartydens die praktyke van die wenblokke gedemonstreer gaan word. Kontak Marie-Louise by 023 626 3017 of jansevr@vinpro.co.za vir die program en besprekings, of besoek www.vinpro.co.za.
NAVRAE: Marie-Louise Janse van Rensburg by tel 023 626 3017, e-pos jansevr@vinpro.co.za.
,357