News

Michael Mokhoro

Michael Mokhoro

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het die ondertekening vandag in Kasane, Botswana, verwelkom van die Ekonomiese Vennootskapsooreekoms (EVO) tussen die Europese Unie (EU) en die Southern African Customs Union (SACU). Ingevolge die ooreenkoms sal Suid-Afrika se huidige jaarlikse belastingvrye kwota vir wynuitvoere na die EU van 48 miljoen liter tot 110 miljoen liter verhoog.

Hoewel Suid-Afrika wêreldwyd uitvoer, is die EU by verre die land se grootste uitvoerbestemming, en verteenwoordig dit 74,8 % of R5.01 miljard van die land se jaarlikse buitelandse verkope.

Michael Mokhoro, bestuurder: belanghebbersverhoudinge van die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewynbedrywe, het gesê die EVO, wat in Julie 2014 gefinaliseer is, moet voor einde September bekragtig word indien dit in Oktober in werking moet tree. Elkeen van die SACU-lande –  Suid-Afrika, Namibië, Lesotho, Swaziland en Botswana – moet die ooreenkoms deur hul onderskeie parlementêre prosesse bekragtig terwyl die EU Parlement dit namens sy 28 ledelande sal doen.

Hy het verduidelik dat as alles volgens plan verloop, die belastingvrye kwota vir die res van die jaar op – pro rata-grondslag toegeken word.

Vonkelwyn is nie ingesluit in die belastingvrye kwota in die nuwe ooreenkoms nie aangesien dit reeds – belastingvrye kwota geniet ingevolge die handels-, ontwikkelings- en samewerkingsooreenkoms wat reeds vroeër deur die EU en Suid-Afrika gesluit is.

Mnr Mokhoro gesê ten einde Suid-Afrika se wynreputasie en die volhoubaarheid van sy uitvoere te bevorder, sal 70% van die kwota van 110 miljoen liter aanvanklik aan verpakte wyne – in bottels of ander houers tot maksimum 2 liter – toegewys word. Die verwagting is dat die verpakte komponent mettertyd verder verhoog sal word.

Mnr Mokhoro het dit beklemtoon dat die EVO – broodnodige inspuiting verteenwoordig vir die wynbedryf wat gebuk gaan onder droogte en taai globale handelstoestande. “Ons vertrou dat wynmakers hierdie geleentheid ten volle sal benut om die beeld van Handelsmerk Suid-Afrika asook dié van hul eie handelsmerke uit te bou. Die nuwe ooreenkoms bied – verdere springplank om ons reputasie vir voortreflike gehalte en oorspronklikheid verder uit te verhoog.”

Uitgereik deur De Kock Communications (DKC) namens Wines of South Africa (Wosa) 

Navrae:

Siobhan Thompson, Uitvoerende hoof, Wosa: 021 883 3860, 082 8280348

Michael Mokhoro: 083 271 7482

Tessa De Kock, DKC: 021 422 2690 or 082 5792358

Go Back