News

New VinPro Vice-Chairman, Phillip Retief.

Nuwe VinPro-ondervoorsitter, Phillip Retief.

New VinPro Chairman, Anton Smuts.

Nuwe VinPro-voorsitter, Anton Smuts.

Die wynbedryfliggaam VinPro se direksie is onder nuwe leierskap. Anton Smuts, eienaar van die plaas Lucerne in Robertson is deur die direksie as voorsitter verkies en Phillip Retief, hoof uitvoerende beampte van Van Loveren Familiewingerde in Robertson dien voortaan as ondervoorsitter.

Smuts neem die leisels by Abrie Botha oor, wat vanaf einde 2003 as voorsitter gedien het, en Retief neem die plek van Johann Krige in, wat sedert die stigting van VinPro in Januarie 2003 as ondervoorsitter gedien het. Beide die voormalige leiers bly op die direksie aan.

Die nuwe voorsitter is reeds sedert 2004 VinPro-streeksdirekteur vir die Robertson-streek en dien onder andere op die direksie van Bonnievale Kelder en die rade van Winetech en die Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe. Retief is in 2014 aangestel om as kelderdirekteur vir die Robertson/Klein Karoo-streek op die VinPro-direksie te dien.

Die verkiesing is tydens ʼn spesiale direksievergadering na afloop van VinPro se algemene jaarvergadering in die Paarl op 16 November 2016 gehou.

VinPro verteenwoordig nagenoeg 3 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders in gesprekke met die regering en relevante bedryfsforums en lewer gespesialiseerde dienste.

NAVRAE: Annalize de Klerk, tel 021 276 0460, e-pos info@vinpro.co.za.

 

Go Back