News

– Meganies-verboude blok Sauvignon Blanc van die plaas Wansbek Clarence Wold is as VinPro/Winetech se top wingerdblok in die Robertson-streek aangewys. 

Die kriteria vir vanjaar se kompetisie was wingerde wat nie op die tradisionele vertikale lootposisioneringstelsel of die kortdraer-snoeistelsel verbou word nie. “Daar is tans heelwat belangstelling in alternatiewe opleistelsels en deur die blokkompetisie kan ons beste praktyke op dié gebied uitwys,” vertel Hennie Visser, VinPro se wingerdboukundige vir die Robertson-streek.

Die eienaars van die wenplaas Hannes en JC Erasmus, se blok Sauvignon Blanc is op Ramsey geënt en op – dubbelkordon meganiese snoeistelsel opgelei. Die blok word hoofsaaklik meganies verbou en die druiwe word aan Robertson Kelder gelewer. 

Graham Beck Wines het die tweede plek behaal met – blok Pinot Noir wat op Ramsey geënt en op – aangepaste lierstelsel opgelei is, en Louis Loubser van Vinefera-plaas was derde met – blok Chenin Blanc wat op USVIT8/7 geënt en op – balletrok-stelsel verbou word.  

Die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel. – Boeredag word na afloop van parstyd aangebied waartydens die praktyke van die wenblokke gedemonstreer gaan word.

NAVRAE: Lee-Anne Davidson, tel 021 276 0460, e-pos leeanne@vinpro.co.za.

,351

Go Back