News

Lanzerac Wyne het onlangs met – 20-jaar oue Pinotage-wingerdblok as wenner uitgeblink tydens die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie in die Stellenbosch-streek.

Vanjaar is – eg Suid-Afrikaanse tema, premie Pinotage-blokke ouer as vyf jaar, as tema vir die streekskompetisie gekies. Inskrywings is van Overberg, Hemel- en Aarde, Stellenbosch en Elgin ingewin.

Die Lanzerac-span, onder leiding van wingerdboukundige Danie Malherbe, het die beoordelaars beïndruk met die balans in die wingerd. “Dit is duidelik dat die blok bestuur word met die oog op – ultra-premie wyn,” vertel Conrad Schutte, VinPro-wingerdboukundige in die Stellenbosch-streek.

Gegewe die ouderdom van die blok was dit volgens hom ook merkwaardig dat baie min virus-simptome en relatief min opbou van draers voorkom. Grondvoorbereiding is goed uitgevoer, aangesien die wortelverspreiding baie goed en homogeen is, met die teenwoordigheid van baie fyn wortels. Die paneel was ook van mening dat die bestuur van die besproeiingsprogram, veral gedurende die droë 2015/16-seisoen oordeelkundig uitgevoer is. 

Henning Retief van Kleine Zalze het die tweede plek verower met – 17-jaar oue Pinotage-blok, en Delvera, onder leiding van Etienne Terblanche, het die derde plek behaal met – 6-jaar oue bosstokwingerd. 

Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel.

NAVRAE: Lee-Anne Davidson, tel 021 276 0460, e-pos leeanne@vinpro.co.za. 

,359

Go Back