News

Hoe kan jy jou wingerde se leeftyd te verleng, beperkte waterbronne optimaal aanwend en wynstyl bestuur van wyndruifwingerde wat met die rolbladvirus besmet is? Vind hierdie en meer uit tydens ʼn reeks wingerdtegniese Vinpro Winetech inligtingsdae wat van 22 – 29 Mei 2018 in die onderskeie wyndruifverbouingstreke gehou word.

Kundiges van Vinpro, Netafim, die Universiteit van Stellenbosch en die Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe span saam om die nuutste tegnologie, navorsing en praktyke in die wingerd met wyndruifprodusente, wingerdboukundiges, plaasvoormanne en ander belanghebbers te deel.

ʼn Nuwe Wingerdwortelgids, saamgestel deur bekende wingerdboukundige prof Eben Archer en navorser Dawid Saayman, word ook op die dag bekendgestel en elke bywoner ontvang ʼn gratis eksemplaar.

LAAI DIE PROGRAM AF

Die reeks word op die volgende datums aangebied, en die kostes wissel per streek. Registreer by die betrokke streeksverteenwoordiger.

STELLENBOSCH
Wanneer: 22 Mei om 09:00
Waar: STIAS, Wallenberg Konferensie Sentrum, Stellenbosch
Koste: R250
Kontak: Gaynor Fortuin, tel: 021 276 0432, e-pos: gaynor@vinpro.co.za

VREDENDAL
Wanneer: 22 Mei om 17:00
Waar: Die Keldery, Vredendal
Koste: R150
Kontak: Gert Engelbrecht, sel: 072 152 4028, e-pos: gerte@vinpro.co.za

ROBERTSON/KLEIN KAROO
Wanneer: 24 Mei om 09:00
Waar: Graham & Rhona Beck Skills Centre, Robertson
Koste: R250
Kontak: Marie-Louise Janse van Rensburg, tel: 023 626 3017, e-pos: jansevr@vinpro.co.za

WORCESTER/BREEDEKLOOF
Wanneer: 29 Mei om 09:00
Waar: Daschbosch Kelder
Koste: R150
Kontak: Soria Muir, tel: 023 347 1566, e-pos: muirs@vinpro.co.za

PAARL/SWARTLAND
Wanneer: 29 Mei om 14:00
Waar: Nelson Wine Estate, Paarl
Koste: R230
Kontak: Gaynor Fortuin, tel: 021 276 0432, e-pos: gaynor@vinpro.co.za

Die Vinpro Winetech inligtingsdae vorm deel van die bedryf se Tegnologie-oordragprojek, wat die nuutste wingerd- en wynkundige navorsing en tegnologie deur verskeie platforms met die bedryf deel. Die reeks word moontlik gemaak deur Villa Crop Protection en die IWWW.

Go Back