News

Bly op hoogte van die nuutste verwikkelinge in wyndruifverbouing deur Winetech en Vinpro se ses streeksinligtingsdae van 6 tot 23 Mei 2019 by te woon.

Die Winetech Vinpro inligtingsdae vorm deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf se Tegnologie-oordragprojek, wat die nuutste wingerd- en wynkundige navorsing, tegnologie en kennis deur verskeie platforms met die bedryf deel. Die inligtingsdae word vanjaar deur Pellenc moontlik gemaak.

Die programinhoud wissel volgens streek, en sluit in:

  • Oorsig oor die SA wynbedryf – Pierre-André Rabie, Vinpro
  • Toepassings van ʼn klimaatsdatabasis vir die wynbedryf – Tara Southey, US
  • Nuwe navorsingsprojekte in die wynbedryf – Lucinda Heyns, Winetech
  • Voordele van ʼn leerderbestuurstelsel vir die wynbedryf – Kachné Ross, Winetech
  • TropicSafe-navorsing oor Astervergeling in wyndruiwe – Gert Pietersen, Pathsol
  • Volhoubare gewasbeskerming – Andrew Bennett & Dirk Uys, Bayer
  • Praktiese onkruidbeheerstrategieë in 2019 – Pieter le Roux, Villa Crop
  • Potensiële nuwe dekgewasse vir Worcester en Breedekloof – Ivan Jansen van Rensburg, Barenbrug
  • Hoe klimaat die 2019-wyndruifoes beïnvloed het – Albert Strever, US
  • Die bestuur van brakgronde – Heinrich Schloms, Vinpro
  • Ontleding van ʼn uitdagende 2018/19 seisoen: perspektiewe rakende klimaat, plantwaterstatus, plantreserwes en druiwemos-analise – Tara Southey, US, Vink Lategan, US, Etienne Terblanche, Vinpro en Hanneli Smit, Vinlab.

Die streeksdae word op die volgende datums aangebied, en die kostes wissel tussen R200 en R250 per persoon.

WORCESTER/BREEDEKLOOF:
6 Mei om 09:30 by Aan de Doorns Cellar
Laai program af
Kontak Soria Muir by 023 347 1566, muirs@vinpro.co.za

SWARTLAND:
9 Mei om 08:15 by Fynbos Estate
Laai program af
Kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432, gaynor@vinpro.co.za

ROBERTSON/KLEIN KAROO:
14 Mei om 08:30 by Graham & Rhona Beck Skills Centre
Laai program af
Kontak Marie-Louise Janse van Rensburg by 023 626 3017, jansevr@vinpro.co.za

PAARL:
15 Mei om 08:15 by Nelson Estate
Laai program af
Kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432, gaynor@vinpro.co.za

OLIFANTSRIVIER:
16 Mei om 08:30 by Die Keldery
Laai program af
Kontak Gert Engelbrecht by 072 152 4028, gerte@vinpro.co.za

STELLENBOSCH:
23 Mei om 08:30 by JC le Roux
Laai program af
Kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432, gaynor@vinpro.co.za

ALGEMENE NAVRAE: Gaynor Fortuin by 021 276 0432, gaynor@vinpro.co.za.

Go Back