News

Laai die Vinpro Jaarverslag 2019 af.

Die Vinpro Algemene Jaarvergadering word 13 November 2019 om 09:00 te Vinpro Paarl gehou. Die Vinpro Jaarverslag vir die 2018/19 finansiële jaar is aan lede uitgepos en moedig wynbesighede aan om bande met hul bedryfsvennote, insluitend Vinpro, te snoer en versterk.

“Ons bly daarop gefokus om die speelveld vir ons 2 500 Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente, kelders en wynverwante lede gelyk te maak en aan hulle die hulp hulpmiddels, inligting, raad en produkte te bied wat hulle nodig het om hul besigheid volhoubaar te laat groei. Gebruik ons om jou te help om ʼn meer effektiewe, aanpasbare en sterker speler te wees. Dit hang van jou af,” sê Vinpro-voorsitter Anton Smuts in die verslag.

LAAI DIE VOLGENDE AF:
Vinpro Jaarverslag 2019
Kennisgewing van Algemene Jaarvergadering
Volmagvorm
Voldoening aan POPIA-wetgewing

 

 

Go Back