News

Suid-Afrikaners moet gesonde sinisme aanleer en ’n onderskeid tussen die regering en die nasie tref. Dít, aldus Max du Preez, politieke kommentator, aan die word tydens die algemene jaarvergadering van die Kaapse Agri Werkgewersorganisasie.

“Die ANC se grootste misdaad in sy 102-jarige bestaan was om die jeug te faal,” het Du Preez gesê. Die land se grootste uitdagings sluit ’n tekort aan voldoende opvoeding en armoedeverligting in, asook die implementering van grondhervormingsmodelle wat slegs sekere elitegroepe bevoordeel. Gerugte van korrupsie deur president Zuma en van sy regeringsamptenare het ook ’n negatiewe uitwerking op die land se groei.

Volgens hom sal president Zuma hom nie herkiesbaar stel tydens die ANC-verkiesings in 2017 nie, en staan Cyril Ramaphosa, Nkosazana Dlamini-Zuma of Zweli Mkhize se kanse goed om hom op te volg.

“Ek sien heelwat meer Mandelas as Zumas onder ons mense. Suid-Afrika as ’n nasie is gesond, gee vir mekaar om en glo in vryheid. Wees egter oopkop in die verkiesingstyd en moenie skrik vir spoke wat deur politici opgejaag word nie,” het hy mee afgesluit.

Gepubliseer in die Augustus 2015 uitgawe van WynLand tydskrif

Go Back