News

Flocert-gesertifiseerde wyndruifprodusente en kelders wat lid van Fairtrade Suid-Afrika is, kan toegang verkry tot dié instansie se COVID-19 Humanitêre Fonds.

Fairtrade voorsien kospakkies aan werknemers van Suid-Afrikaanse produsente wat namens hulle daarvoor aansoek doen. ʼn Maksimum van €2 000 word per aansoeker of plaas toegestaan.

“Na gesprekke met verteenwoordigers van Fairtrade wil ons graag elke wyndruifprodusent en kelder wat kwalifiseer attent maak op hierdie hulpverlening en hulle aanmoedig om hiervan gebruik te maak,” sê Phil Bowes, Vinpro-bestuurder ondernemingsontwikkeling.

Produsente word ook aangemoedig om hul mening te gee oor die mees effektiewe aanwending van ʼn tweede Fairtrade fonds, naamlik die Value Chain Resilience Fund. Vinpro is versoek om insette te voorsien vir ʼn gepaste strategie waarmee Flocert-lede verder deur hierdie nuwe fonds ondersteun kan word.

Vir meer inligting oor die Fairtrade COVID-19 Humanitêre Fonds, kontak Sandra Ndlovu by tel 021 448 8911 of e-pos s.ndlovu@fairtradeafrica.net. Vir strategiese voorstelle vir die Value Chain Resilience Fund, skakel Phil Bowes by tel 021 276 0429 of e-pos phil@vinpro.co.za.

Lees ook hier oor ander hulpverleningskemas beskikbaar aan die wynbedryf.

Go Back