News

’n Heelwat kleiner oes kan Suid-Afrikaanse wynprodusente se finansies erg knou, na die warmste, droogste seisoen in jare en veldbrandskade in sekere gebiede.

Verteenwoordigers van VinPro, Hortgro, Agri Wes-Kaap en die Departement van Landbou het gister met die Staande Komitee vir Ekonomiese Geleenthede, Toerisme en Landbou vergader om die effek van die droogte en onlangse veldbrande op die vrugte- en wynbedrywe te bespreek.

“Vir elke 1% wat die wyndruifoes kleiner is, verloor die bedryf ten minste R35 miljoen, wat nie na produsentevlak deurvloei nie,” vertel Rico Basson, besturende direkteur van VinPro.

Die oes sal na verwagting wesenlik kleiner as die afgelope paar jaar wees, weens ’n droë winter en abnormale hitte sedert Oktober verlede jaar. Die damvlakke staan tans op 42% teenoor 70% verlede jaar en langdurige temperature bo 35°C wat veral in Januarie ondervind is, kniehalter produksie in die wingerdstok.

Sowat 82 ha wingerd is ook deur onlangse veldbrande in die Simonsberg-streek buite Stellenbosch beskadig, wat volgens aanvanklike berekeninge nagenoeg R20 miljoen kan beloop.

Wyndruifprodusente en vrugteboere in die Breedekloof-streek is ook vroeër die week erg deur veldbrande geraak. Die omvang van die skade word steeds bepaal, terwyl heelwat van die druiwe wat nie totaal vernietig is nie, vir distilleerwyn bestem is.

“Hierdie is egter slegs voorlopige inligting. – Finale aanduiding van die gehalte en produksietendense sal teen einde April in die amptelike SA Wynoesverslag uitgereik word. VinPro se wingerdboukundiges is ook in die proses om saam met produsente ondersoek per blok in te stel oor die omvang van die brandskade en te bepaal waar wingerdstokke slegs behandel of vervang moet word,” sê Basson.

Indien – wingerd in so – mate beskadig is dat dit vervang moet word, kan dit volgens bedryfsgemiddelde syfers – wingerdprodusent sowat R240 000 per hektaar kos. Dit sluit – verlies aan inkomste, bykomende arbeid om beskadigde wingerdstokke te verwyder en die hervestiging daarvan in. Hierdie syfer kan egter heelwat verskil tussen wingerde, veral in gevalle waar – spesifieke wingerd wat vernietig is bekroonde, premiewyne produseer.

Basson het beklemtoon dat die gebied waarin die brandskade voorgekom het slegs – gedeelte van die totale wynbedryf verteenwoordig. 

“Hoewel daar besorgdheid oor rookbesmetting van wyndruiwe en die gevolglike wyne is, maak huidige navorsing en wynmaaktegniese dit vir wynmakers moontlik om die effek van rookbesmetting in wyne te verminder of selfs verwyder,” vertel Basson. Die Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe (IWWW) koördineer tans navorsing hieroor.

“Dit is noodsaaklik dat ons vanjaar gedurende die winter genoegsame koue-eenhede en reënval ontvang om damme weer vol te maak.” Basson het die belangrikheid beklemtoon om damkapasiteit uit te brei, onder andere deur transformasie-inisiatiewe soos die Brandvlei- en Clanwilliam damskemas – uitvloeisels van die wynbedryf se nuwe strategiese plan (Wise).

Meer bekostigbare versekering en moontlike waarborge deur die regering kan die effek van soortgelyke natuurverskynsels op die bedryf se winsgewendheid verder buffer vorentoe.

“Die bedryf doen ’n beroep op samewerking tussen alle belangegroepe – insluitend die privaatsektor en die regering op streeks-, provinsiale en nasionale vlak – om die finansiële effek van die droogte op die produsent, werkers en gemeenskappe op ’n gestruktureerde manier aan te spreek.”

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf neem sowat 300 000 persone in diens en dra 2% tot die nasionale bruto binnelandse produk by.

NAVRAE: Lee-Anne Davidson by tel 021 276 0460, leeanne@vinpro.co.za.

,353

Go Back