News

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf kan ’n kleiner wyndruifoes in 2016 verwag, mits die droë seisoenstoestande gedurende November voortduur.

Dit aldus die streekswingerdboukundiges van VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 500 wynprodusente en kelders.

Die winter en lente was in heelwat streke droër as normaal. Verlaagde reënval het daartoe gelei dat grondwatervlakke afgeneem het, en die meerderheid besproeiingsdamme is tussen 40% en 60% vol. “Die hittegolf wat tydens die laaste week van Oktober voorgekom het, is ook ongekend vir dié tyd van die jaar en het natuurlik verdere druk op waterbronne en beskikbare grondwater geplaas, aangesien die wingerde se waterverbruik drasties verhoog het,” vertel Francois Viljoen, bestuurder van die VinPro Konsultasiediens.

Hoewel die aantal blomtrosse sover goeie belofte inhou, kan die droër weerstoestande vanaf die blom- en setperiode – laer wyndruifoes as in 2015 meebring. Volgens Viljoen is sommige droëlandwingerde wat later blom moontlik alreeds negatief beïnvloed. “Daar is ’n dringende behoefte aan reën gedurende November,” sê Viljoen.

Produsente in die Klein Karoo, Robertson en die Overberg het gedurende die seisoen goeie suidoostelike reënval ontvang, maar die droë toestande einde Oktober mag selfs hier – effek op produksie hê.

Die winter was koud genoeg om goeie rusbreking te verkry. Hoewel uitbot oor die algemeen egalig en op tyd voorgekom het, het kultivars wat gewoonlik later bot, soos Sauvignon Blanc, selfs later en onegalig uitgebot. 

Produsente het vanjaar meer wingerde uitgetrek as aangeplant en volgens Viljoen bly die vraag staan hoe lank produksie in stand gehou kan word met – kleiner, ouerwordende aantal wingerde.

“Een pluspunt van die droër seisoen, is hoe gesond die wingerde vanjaar is. Die voorkoms van algemene swamsiektes en plae is sover baie laag,” vertel Viljoen.

Die volle verslag van seisoenstoestande in die onderskeie wyndruifverbouingsareas is beskikbaar by www.sawis.co.za

MEDIANAVRAE: Jana Loots, 021 276 0429, jana@vinpro.co.za. 

Go Back