Die wynbedryfliggaam Vinpro is op 2 Oktober 2019 gasheer vir Fieragricola South Africa, ʼn tentoonstelling van die nuutste Italiaanse wingerdtegnologie by hul hoofkantoor in die Paarl.
Tydens die demonstrasie-sessie, wat van 9:00 tot 12:30 geskeduleer is, kan besoekers ʼn verskeidenheid toerusting en masjinerie eerstehands in aksie ervaar, van grondbewerking tot die toediening van bemesting en bestuur van lower.
In die middag, van 14:30 tot 17:00 is daar ʼn geleentheid vir besighede om voorafgeskeduleerde vergaderings by die Vinpro-hoofkantoor te hou. Italiaanse maatskappye kan met invoerders, agente, wynmakers, keldereienaars, wyndruifprodusente en wingerdkundiges ontmoet om geleenthede vir samewerking te ondersoek.
Die Fieragricola South Africa-inisiatief vorm deel van ʼn handelsafvaardiging na Suid-Afrika, en sluit 12 Italiaanse verskaffers van toerusting, stelsels en produkte ten opsigte van wyndruifverbouing in, naamlik Argo Tractors-Landini, Agrimaster-Demetra, Bgroup, Carraro Agritalia, Celli, Dondi, Grena, Ideal, La Cruz, Orizzonti, Polimetal en Vignetinox.
Registrasie is gratis, maar verpligtend en spasie is beperk.
Besoek www.fieragricola.it vir meer inligting.
Uitgereik deur: Vinpro
Medianavrae:
Wanda Augustyn
Tel: 021 276 0458
E-pos: wanda@wineland.co.za