News

Die landswye openbare verhore deur die parlementêre komitee rondom die hersiening van Artikel 25 van die Grondwet het Saterdag in Kaapstad afgesluit. Hierdie verhore het gespruit uit die ANC se 54ste Nasionale Kongres wat in Februarie plaasgevind het, waartydens die regerende party ‘n resolusie aanvaar het om grond sonder vergoeding te onteien met die doel om grondhervorming te bespoedig.

Vinpro was proaktief betrokke by die grondhervormingsdebat op forums waar die belange van die wynbedryf bevorder is. Vinpro het ook aan die openbare verhore in Swellendam, Citrusdal en Kaapstad deelgeneem waartydens ons Vinpro se standpunt gestel het dat die organisasie ten gunste is van grondhervorming, maar dat ons dit nie nodig ag om Artikel 25 van die Grondwet te wysig om grondhervorming te bespoedig nie.

Ons belyn ons sienings met dié van Agbiz en Agri SA om die stem van hierdie landbou-organisasies verder te versterk.

LAAI VOLLEDIGE VINPRO/SALBA STANDPUNT AF

NAVRAE: Wanda Augustyn by tel 021 276 0429, e-pos wanda@wineland.co.za

 

Go Back