Die Suid-Afrikaanse wynbedryf kan ʼn keerpunt in 2018 verwag. Wynprodusente en kelders staar moeilike realiteite soos ʼn kleiner wyndruifoes en toenemende finansiële druk in die gesig, maar is gereed om uitdagings met ʼn hernieude fokus aan te pak en geleenthede op die globale, politieke en ekonomiese horison aan te gryp.

“Ons gaan nou die begin van ʼn nuwe groeifase van die wynbedryf se  siklus binne,” het Rico Basson, Vinpro se besturende direkteur, 18 Januarie 2018 tydens die wynbedryfliggaam se 13de jaarlikse Nedbank Vinpro Inligtingsdag gesê.

LAAI DIE NEDBANK VINPRO INLIGTINGSDAG VERSLAG 2018 AF

 

Go Back