News

Vind tydens ʼn reeks Vinpro Winetech tegniese dae uit hoe om jou wingerde weer op die pad na herstel te kry na een van die ergste droogtes in bykans ʼn eeu.

Die Vinpro Winetech Streeksinligtingsdae word van 21 Augustus tot 4 Oktober in die onderskeie wyndruifverbouingstreke aangebied, met die finansiële ondersteuning van Standard Bank.

“Suid-Afrika se wingerde het die afgelope paar jaar swaar gekry weens droogtetoestande. Hoewel ons sover goeie winterreën gehad het, mag wingerde nog ʼn geruime tyd neem om ten volle van die droogte te herstel weens lae reserwevlakke,” sê Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdkonsultasiediens.

ʼn Verskeidenheid kundiges gaan bestuurspraktyke en tegnologie deel waarmee wyndruifprodusente en wingerdboukundiges hierdie uitdaging kan aanpak. Onderwerpe sluit in:

  • Die gebruik van EMI grondskandering – Jacobus Els, Revolute Systems
  • Presisieboerdery: alles begin by die grond – Johan de Jager, Vinpro
  • Kompos: ʼn regeneratiewe hulpmiddel vir grond en wingerdstokke – Emma Moffat, Universiteit van Stellenbosch
  • Watervoetspoor van wyn – dr Caren Jarmain, onafhanklike navorser
  • Wingerdstok-reserwevlakke se invloed op bestuur in die komende seisoen – dr Albert Strever, Universiteit van Stellenbosch.

Tydens die inligtingsdag in die Robertson/Klein Karoo-streek sal JC van der Walt van Aerobotics ʼn oorsig gee oor die gebruik van hommeltuigdata in die wynbedryf, en Johann Botha van Farmtrack fokus op presisiehulp in gewasproduksie.

ʼn Nuwe publikasie deur die bekende navorser dr Phillip Myburgh, Handbook for irrigation of wine grapes in SA, word tydens die inligtingsdae bekendgestel, en elke bywoner ontvang ʼn gratis eksemplaar.

Die registrasiekoste beloop R200 tot R250 per persoon. Elke sessie duur vier ure lank en sluit versnaperinge in. Moenie die inligtingsdag in jou streek misloop nie:

PAARL:
21 Augustus om 09:00 te Nelson Estate
Laai af: Program en Registrasievorm

SWARTLAND:
21 Augustus om 14:00 te Swartland Kelder
Laai af: Program en Registrasievorm

STELLENBOSCH:
29 Augustus om 09:00 te Stellenbosch Institute for Advanced Study (STIAS)
Laai af: Program en Registrasievorm

WORCESTER/BREEDEKLOOF:
29 Augustus om 13:30 te Aan de Doorns Kelder
Laai af: Program en Registrasievorm

OLIFANTSRIVIER:
27 September om 14:00 te Die Keldery, Vredendal
Laai af: Program

ROBERTSON/KLEIN KAROO:
4 Oktober om 09:00 te Robertson Skousaal
Laai af: Program en Registrasievorm

NAVRAE: Gaynor Fortuin by tel 021 276 0432 of e-pos gaynor@vinpro.co.za.

 

Go Back